Kinders van die wind de Patrizio Buanne

Kinders van die wind

Patrizio Buanne

LETRA

Kinders van die wind Traducida

Kinders van die wind

Ek ken ‘n ou, ou liedjie
Van lewenswel en wee
Van lank-vergane skepe in
Die kelders van die see

Die woorde is vergete
En tog, die deuntjie draal
Soos vaag-bekende grepies in
‘n Baie ou verhaal

Van swerwers sonder rigting
Van soekers wat nooit vind
En eindelik was almal maar
Net kinders van die wind

Gesigte, drome, name
Is deur die wind verwaai
En waarheen daardie woorde is
Sou net ‘n kind kon raai

Swerwers sonder rigting
Soekers wat nooit vind
En eindelik was almal maar
Net kinders van die wind

En eindelik was almal maar
Net kinders van die wind
En eindelik was almal maar
Net kinders van die wind
Net kinders van die wind

Vídeo con letra

Puntuar 'Kinders van die wind'

¿Qué te parece esta canción?

-
0 votos

Imprimir letra

* Letra añadida por FerChevalier

Comentar Letra

Comenta o pregunta lo que desees sobre Patrizio Buanne o 'Kinders van die wind'

Comentar

Compartir esta letra en...